Spring na inhoud

23 JUNIE 2020
GEORGIË

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Georgies vrygestel

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Georgies vrygestel

Op Sondag 21 Junie 2020 is die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Georgies by ’n spesiale vergadering vrygestel wat gehou is deur middel van videoverbinding. Broer Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam, het die Bybel gedurende ’n toespraak vrygestel wat vooraf opgeneem is. Altesaam 19 521 mense het na die program gekyk. Die elektroniese weergawe van die hersiene vertaling kon dadelik op jw.org afgelaai word.

Die vertaalprojek om die Georgiese Bybel te hersien, het vier jaar geneem om klaar te maak. Een van die vertalers sê: “Eenvoudige taal maak die teks verstaanbaar vir mense van alle ouderdomme, so ek hoop dat gesinne dit sal geniet om dit saam te studeer.”

’n Ander vertaler sê: “Ons doel was dat alle lesers die punt maklik kon kry, maak nie saak wat hulle opvoeding is nie.”

Ons het die vertroue dat almal wat hierdie akkurate en duidelike vertaling van die Bybel gebruik, dankbaar teenoor Jehovah vir hierdie geskenk is wat wys hoe lief hy vir ons is. – Jakobus 1:17.