22 NOVEMBER 2018
GEORGIË
Eerste spesiale streekbyeenkoms in Tbilisi, Georgië
Broers en susters in Georgië het besoekers uit 18 lande by die spesiale streekbyeenkoms met die tema “Wees moedig”! verwelkom. Dit is op 20-22 Julie 2018 in die hoofstad, Tbilisi, gehou. Daar was aanmoedigende geestelike voedsel, vriendelike gasvryheid en vertonings van die streek se unieke en interessante kultuur en geskiedenis by hierdie teokratiese geleentheid, die eerste van sy soort in Georgië.
Die byeenkoms is by die Olympic Palace gehou, ’n arena in Tbilisi, en daar was ’n bywoningshoogtepunt van 7 002. Die program is uitgesaai na ongeveer 80 ander plekke regoor die land, en die bywoning was toe altesaam meer as 21 500. Een van die hoogtepunte van die byeenkoms was toe 208 nuwe broers en susters gedoop is.
Die besoekers het ook vertonings oor die Georgiese kultuur geniet. Plaaslike Getuies het opvoerings met etniese danse en musiek vir die besoekers gehou, en hulle kon ook die plaaslike kos geniet sowel as toere van die ou stad Tbilisi.
Tamaz Choetsisjwili, ’n verteenwoordiger van die takkantoor in Georgië, het gesê: “Ons het nie altyd godsdiensvryheid in ons land gehad nie. Maar hierdie keer het die plaaslike owerheid ons toegelaat om hierdie vreedsame byeenkoms te hou. Dit was ’n wonderlike geleentheid om so baie van ons broers en susters hier te verwelkom.” — Romeine 15:7.
’n Hoogtepunt van 7 002 het die spesiale streekbyeenkoms op 20-22 Julie 2018 by die Olympic Palace bygewoon. En nog 14 912 het die program gekyk, wat na verskillende plekke regoor die land uitgesaai is.
Broer Stephen Lett, ’n lid van die Bestuursliggaam, het elke dag die slottoespraak gelewer.
’n Hoogtepunt van die spesiale streekbyeenkoms was toe 208 broers en susters gedoop is. Die doopbad is naby die natuurlike rotsmuur gesit wat deel vorm van die binnekant van die Olympic Palace.
Die program is na omtrent 80 verskillende plekke uitgesaai.
Georgiese susters verwelkom ’n internasionale besoeker. Een van die plaaslike susters dra ’n hoed wat van skaapwol gemaak is en gewoonlik in Georgië se bergstreke gedra word.
’n Wonderlike uitstappie is gereël vir 17 en 18 Julie by die Château Moechrani, in die dorpie Moechrani, naby Tbilisi. Daar was opvoerings met tradisionele Georgiese musiek en dans en twee video’s oor die teokratiese geskiedenis van Georgië.
Plaaslike Getuies voer die Adjaroeli op (vernoem na Adjara, ’n streek in die suidwestelike deel van die land, naby die Swartsee). Die mense wat die dans doen, dra helder tradisionele Georgiese kleredrag van daardie gebied.
Plaaslike broers sing ’n tradisionele liedjie in ’n outydse Georgiese styl vir meer as twee stemme.