Spring na inhoud

4 MEI 2022
GHANA

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Twi (Asante) vrygestel

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Twi (Asante) vrygestel

Die hersiene Bybel was onmiddellik ná Broer Sanderson se toespraak beskikbaar om afgelaai te word

Op Sondag 24 April 2022 het broer Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam, die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Twi (Asante) vrygestel. Die Bybel was onmiddellik ná die toespraak beskikbaar om in digitale formaat afgelaai te word. Gedrukte kopieë sal in Augustus beskikbaar wees.

Twi (Asante) en Twi (Akuapem) is deel van die Akan-taalgroep, wat deur miljoene mense in Wes-Afrika gepraat word. ’n Vertaling van die Bybel in Twi is in 1871 beskikbaar gemaak, maar net in Twi (Akuapem). In 1897 is nog ’n vertaling van die Bybel in Twi (Akuapem) vrygestel. In 1964 is die eerste uitgawe van die Bybel in Twi (Asante) uitgegee. In 2012 het Jehovah se Getuies ’n uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling in Twi (Asante) vrygestel.

’n Suster kyk na die vooraf opgeneemde program by haar huis

’n Vertaler wat oor die projek teruggedink het, het gesê: “Toe ons eers begin het, het ons oorweldig gevoel omdat daar so baie werk was om te doen. Maar ons het baie gebid en ten volle op Jehovah se gees vertrou, en dit het ons gehelp om elke dag Jehovah se hand in die werk te sien.”

Die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Twi (Asante) is nog ’n geskenk wat die broers en susters wat Twi praat, sal help om ons vrygewige God, Jehovah, beter te dien. – Jakobus 1:17.