Spring na inhoud

27 JULIE 2018
GRIEKELAND

Veldbrande in Griekeland

Veldbrande in Griekeland

Veldbrande, wat erger geword het as gevolg van baie sterk winde, het skade veroorsaak aan mense sowel as eiendom buite Atene, Griekeland. Ten minste 76 mense is dood en nog 187 mense is beseer in die brande, wat beskou word as die dodelikste brande wat die land in meer as 10 jaar getref het.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Griekeland het laat weet dat nie een van ons broers of susters in hierdie ramp beseer is of gesterf het nie. Maar al die Getuies in die rampgebied moes hulle huise verlaat en bly op die oomblik by Getuies van gemeentes daar naby. Ongelukkig is vier huise wat aan Getuies behoort, erg beskadig en een het heeltemal afgebrand.

Ons bid vir ons broers wat deur hierdie ramp geraak is, sowel as vir diegene wat deur liefde beweeg is om hulle mede-Getuies in hulle huise in te neem (Johannes 13:34, 35). Ons weet dat Jehovah sal aanhou om ons broers gedurende hierdie moeilike tyd te help.