Spring na inhoud

5 JUNIE 2018
GUATEMALA

Vulkaanuitbarsting in Guatemala

Vulkaanuitbarsting in Guatemala

Op Sondag 3 Junie 2018 het Guatemala se Volcan de Fuego-vulkaan uitgebars. Dit het riviere van gesmelte lawa uitgespoeg en dik rookwolke het omtrent 9 km hoog opgestyg. Daar is ten minste tien gemeentes in die gebied wat deur die ramp geraak is. Gelukkig het nie een van ons broers en susters seergekry nie, maar net om veilig te wees, moes agt van hulle hulle huise verlaat. In die gees van 2 Korintiërs 8:14, 15 het broers en susters in gemeentes daar naby voorraad, huisvesting en vervoer aangebied.