Spring na inhoud

’n Oorstroomde straat in die stad Léogâne, Haïti. Kleiner foto bo: ’n Plaaslike ouerman probeer modder wegvee in die straat buite ’n suster se huis. Kleiner foto onder: Broers maak ’n suster se huis skoon

15 JUNIE 2023
HAÏTI

Groot oorstromings raak Haïti

Groot oorstromings raak Haïti

Op 2 en 3 Junie 2023 het swaar reën groot oorstromings in dele van Haïti veroorsaak. Verslae wys dat duisende huise oorstroom het en dat byna 40 000 families in verskillende dele van die land geraak is. Meer as 13 500 mense moes hulle huise verlaat. Ten minste 50 mense het gesterf.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers en susters het gesterf nie

  • 1 broer en 1 suster is beseer

  • 60 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 1 huis is vernietig

  • 3 huise is erg beskadig

  • 19 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • Geen Koninkryksale of teokratiese fasiliteite is beskadig nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan ons broers en susters in die gebiede wat oorstroom het

  • Plaaslike gemeentes help met die noodlenigingspogings

Ons vertrou dat ‘Jehovah krag sal gee’ aan ons broers en susters wat deur die oorstromings in Haïti geraak is. – Psalm 29:11.