Spring na inhoud

15 OKTOBER 2018
HAÏTI

Aardbewing skud Noord-Haïti

Aardbewing skud Noord-Haïti

Op Saterdag 6 Oktober 2018 het ’n aardbewing van 5,9 die noordelike deel van Haïti getref. Meer as 300 mense is beseer en 17 is dood as gevolg van die aardbewing.

Nie een van ons broers is dood nie, maar twee verkondigers is beseer. Volgens die kringopsieners is 44 huise en 4 Koninkryksale beskadig. In die stad Port-de-Paix moes omtrent 50 van ons broers en hulle onmiddellike familielede hulle huise verlaat omdat die aardbewing hulle huise onveilig gemaak het om in te woon. Die plaaslike gemeentes sorg vir hierdie families. ’n Lid van die Takkomitee in Haïti saam met twee broers wat met die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie werk, het die gebiede wat geraak is, besoek om vas te stel hoeveel skade daar is en om die broers en susters aan te moedig. ’n Noodlenigingskomitee is gestig om die nodige noodlenigingswerk te organiseer.

Ons dink aan ons broers in Haïti en bid vir hulle. Ons is dankbaar dat ons liefdevolle hemelse Vader belowe het om sy getroue knegte deur middel van sy lojale liefde te vertroos. — Psalm 119:76.