Spring na inhoud

11 NOVEMBER 2014
HONDURAS

Noodlottige busongeluk in Honduras

Noodlottige busongeluk in Honduras

Op die oggend van 31 Oktober 2014 was ’n bus met 57 van Jehovah se Getuies, wat aangebied het om Bybelonderrig in Las Flores Lempira te voorsien, op pad van San Carlos Choloma in ’n ongeluk. Die gehuurde busbestuurder en dertien Getuiepassasiers, insluitende twee veertienjarige meisies en ’n agtjarige meisie, is oorlede. Die 44 oorlewende Getuies is vir ’n ondersoek na die hospitaal geneem. Slegs twee moes intensiewe mediese behandeling ontvang, maar is sedertdien ontslaan. Medeaanbidders voorsien vertroosting en praktiese hulp. Op 1 November 2014 is die eerste begrafnis in Choloma gehou vir nege van die slagoffers wat in die ongeluk oorlede is. Sowat 3 000 mense het dit bygewoon.

José Castillo, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Honduras, het gesê: “Ons waardeer al die ondersteuning van die gemeenskap en die verskeie instansies wat diegene te hulp gekom het wat deur die ongeluk geraak is.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Honduras: José Castillo Adriano, tel. +504 9998 0895

Mexiko: Gamaliel Camarillo, tel. +52 555 133 3048

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000