6 APRIL 2016
HONGARYE
Slagtingsgedenksentrum in Hongarye onthul ’n plaat wat Getuies eer wat deur Nazi’s tereggestel is
BOEDAPEST, Hongarye—Die Slagtingsgedenksentrum in Hongarye het ’n gedenkplaat onthul wat erkenning verleen aan vier van Jehovah se Getuies wat vervolging gedurende die Nazi-era weerstaan het. Die gedenkplaat is op 11 Desember 2015 onthul.
Die vier mans Lajos Deli, Antal Hönisch, Bertalan Szabό en János Zsondor is in Maart 1945 in die stad Körmend en Sárvár in die openbaar deur die Hungarian Arrow Cross Nazi Party tereggestel omdat hulle militêre diens gedurende die Tweede Wêreldoorlog geweier het. Die gedenkplaat het hulle name op, sowel as woorde van die Skrifgedeelte in Handelinge 5:29 wat sê: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.”
Dr. Csaba Latorcai, die adjunk-staatsekretaris vir belangrike maatskaplike aangeleenthede, het in sy openingsrede gesê: “Die plaat herdenk die vier mans wat aan die Jehovah se Getuies behoort, . . .hulle het, as Jehovah se Getuies, streng by die gebod gebly wat sê: ‘Jy mag nie doodslaan nie’ en na hulle gewete geluister om nie die wapen teen hulle medegelowiges en medemens op te neem nie.”
’n Ander spreker, Dr. Szabolcs Szita, die bestuurder van die Slagtingsgedenksentrum, het by die onthullingsseremonie gesê: “Die onthulling van die gedenkplaat is ’n oorwinning, want Jehovah se Getuies is dekades lank ’n vergete groep van dié wat onder die Nazi-regime gely het. Die vier mans wat tereggestel is, het sterk geloof gehad om hulle onkreukbaarheid te behou, selfs toe hulle voor die dood te staan gekom het. Hulle almal is selfs vandag goeie voorbeelde vir ons.”
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000
Hungary: András Simon, tel. +36 1 401 1118
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000