7 JUNIE 2023
INDIË
Die boek Matteus in Assamees vrygestel
Op 28 Mei 2023 is Die Bybel – Die boek Matteus in Assamees vrygestel by ’n spesiale geleentheid wat in Duliajan, Assam, Indië, gehou is. Daar was 279 mense wat dit bygewoon het, insluitende 96 mense wat die program deur middel van videoverbinding gekyk het. Onmiddellik ná die vrystelling was gedrukte kopieë uitgedeel aan diegene in die gehoor, en digitale kopieë was beskikbaar gemaak om afgelaai te word.
Assamees, wat ook bekend staan as Axomiya, is die amptelike taal van Assam, wat in die noordooste van Indië is. Die mense van Assam word as ’n groep Axomiyas genoem. Hulle is bekend vir hulle plaaslike tee en hulle liefdevolle gasvryheid.
Die eerste Assamese gemeente is in 1987 begin. Vanaf daardie jaar het die aantal verkondigers vermeerder. Vandag is daar agt Assamese gemeentes met 162 verkondigers.
Daar is twee vertalings van die Bybel in Assamees wat oor die algemeen gebruik word. Maar verkondigers vind dit moeilik om hierdie vertalings te lees en te verstaan omdat dit verouderde woorde en uitdrukkings gebruik. Hierdie vertaling van Matteus wat pas vrygestel is, is maklik om te lees.
Ons is seker dat ons broers en susters, saam met ander wat in God se Woord belangstel, nader aan Jehovah sal kom en bly sal wees terwyl hulle die boek Matteus in Assamees lees. – Nehemia 8:12.