22 NOVEMBER 2023
INDIË
Die boek Matteus in Nicobarees vrygestel
Op 10 November 2023 is Die Bybel – Die goeie nuus volgens Matteus in die taal Nicobarees vrygestel voor ’n gehoor van 180 by die ‘Wees geduldig’!-streekbyeenkoms in die stad Port Blair, Andaman- en Nicobar-eilande, Indië. Die boek was dadelik beskikbaar in digitale formaat. Gedrukte kopieë sal in die nabye toekoms beskikbaar wees.
Die Andaman- en Nicobar-eilande is geleë in die Indiese Oseaan en is deel van ’n groep van meer as 800 eilande, waarvan 31 bewoon word. Daar word geskat dat 30 000 van die eilande se 430 000 inwoners Nicobarees praat. Die eerste Nicobarese gemeente is in 2001 begin. Vandag is daar drie gemeentes met altesaam 129 verkondigers.
Die enigste volledige Bybel wat in Nicobarees beskikbaar is, gebruik die naam Jehovah in Psalm 83:18 en ’n paar ander verse, maar nie in die boek Matteus nie. Maar baie woorde en uitdrukkings is verouderd en baie moeilik om te verstaan. Hierdie vertaling van Matteus wat pas vrygestel is, is nie net duidelik en maklik om te lees nie, maar herstel ook God se naam, Jehovah, 18 keer in die regte plekke.
Ons is oortuig dat hierdie nuwe vertaling van die boek Matteus nog baie meer opregte mense wat Nicobarees praat, sal help om nader aan die een te kom wat alles geskep het, Jehovah. – Psalm 36:9.