Spring na inhoud

Oorstromings in Vadodara, Goedjarat, een van die plekke wat deur die vloede geraak is

16 AUGUSTUS 2019
INDIË

Vloede tref Wes-Indië

Vloede tref Wes-Indië

Volgens nuus berigte het oorstromings in Indië ten minste 169 mense se dood veroorsaak in die westelike state Goedjarat, Maharashtra, Karnataka en Kerala.

Die takkantoor in Indië het laat weet dat nie een van ons broers en susters dood of beseer is in die oorstromings nie. Die takkantoor het die volgende besonderhede bekend gemaak.

Goedjarat: Daar is altesaam 145 verkondigers in die stad Vadodara wat deur die vloede geraak is. Die Goedjarati-vertaalkantoor wat in Vadodara is, is nie beskadig nie.

Maharashtra: In Moembaai is die huise van ses families beskadig. In die stad Sangli, wat omtrent 378 kilometer suidoos van Moembaai is, moes 25 verkondigers hulle huise verlaat. Broers wat in ’n stad daar naby bly, het tydelike verblyf voorsien.

Karnataka: Ses families moes hulle huise verlaat as gevolg van die oorstromings. Die takkantoor is in hierdie staat, maar is nie deur die swaar reën of vloede geraak nie.

Kerala: Sowat 100 families het na hoërliggende gebiede gevlug en bly tydelik by ander Getuies. ’n Noodlenigingskomitee is besig om vas te stel hoeveel skade daar is.

Die takkantoor is besig om noodlenigingswerk in die gebiede wat deur die vloede geraak is, te organiseer. Kringopsieners en die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie werk hard om ons broers en susters wat deur die oorstromings geraak is, te help. Dit sluit die voorsiening van basiese dinge in wat die broers nodig het soos drinkbare water, en ook vertroosting en aanmoediging van die Bybel.

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om saam met ons broers te wees wat deur die vloede geraak is. Ons sien uit na ’n tyd wanneer natuurrampe vervang sal word deur ’n “oorvloed van vrede” – Psalm 37:11.