17 AUGUSTUS 2018
INDIË
Dodelike grondstortings in Suidwes-Indië
’n Swaar reëntydperk in Kerala, Indië, het sowat 25 grondstortings veroorsaak waarin ten minste 75 mense dood is. Volgens die weerburo in Indië het die reënseisoen in die suidweste die swaarste reëns in die gebied se geskiedenis veroorsaak.
Ons was hartseer om by ons takkantoor in Indië te hoor dat ’n Getuie-paartjie in hulle 60’s en ’n Bybelstudent as gevolg van die grondstortings gesterf het, en twee Bybelstudente is ernstig beseer en herstel in die hospitaal. ’n Broer van 17 jaar oud het verdrink terwyl hy iemand probeer red het.
’n Plaaslike Noodlenigingskomitee (DRC) is gevorm om uit te vind hoeveel skade daar is en om met die herbouwerk te help en dit te organiseer. Party Koninkryksale word gebruik om die werk te organiseer. Volgens vroeë verslae is ten minste 46 van ons broers se huise beskadig of vernietig. Omtrent 85 gesinne (475 verkondigers) woon tydelik by broers of familielede. Die takkantoor het laat weet dat party Koninkryksale oorstroom en gedeeltelik onderwater is. Die DRC hou die situasie fyn dop omdat daar nog baie reën vir die komende dae voorspel word.
Verteenwoordigers van die takkantoor het saam met ’n plaaslike kringopsiener en gemeentelike ouer manne ons broers en susters besoek om hulle te vertroos en geestelik aan te moedig.
Ons dink aan almal wat deur hierdie aaklige reënseisoen getref is, en ons bid vir hulle. Ons kyk uit na die tyd wanneer alle natuurrampe en die pyn wat dit bring, iets van die verlede sal wees. — Openbaring 21:3, 4.