Spring na inhoud

28 NOVEMBER 2018
INDIË

Die sikloon Gaja tref Indië

Die sikloon Gaja tref Indië

Op 16 November 2018 het die sikloon Gaja die Suid-Indiese staat Tamil Nadu verwoes. Ten minste 46 mense is dood, ongeveer 250 000 mense moes vlug en meer as 85 000 huise is beskadig of vernietig.

Die huis van een van ons broers in Mannargudi, Tamil Nadu, wat deur ’n ontwortelde boom beskadig is.

Die takkantoor in Indië berig dat nie een van ons broers of susters in die storm beseer is of gesterf het nie. Maar 38 van ons broers se huise en 2 Koninkryksale is beskadig. Die takkantoor het ’n Noodlenigingskomitee op die been gebring om die noodlenigingswerk te organiseer, soos die verspreiding van kos en water onder die verkondigers wat deur die sikloon geraak is.

Ons bid dat Jehovah ons broers en susters in Indië wat deur sikloon Gaja geraak is, sal vertroos deur middel van die liefdevolle toesig van die ouer manne. – 1 Petrus 5:2.