Spring na inhoud

12 NOVEMBER 2013
INDIË

Die sikloon Phailin rig groot skade aan in Indië

Die sikloon Phailin rig groot skade aan in Indië

Op 12 Oktober 2013 het die sikloon Phailin Indië se oostelike state Odisha en Andhra Pradesh geteister. Dit was die ergste storm wat Indië in meer as ’n dekade getref het. Met windsnelhede van meer as 200 kilometer per uur het die kategorie 4-sikloon honderdduisende mense in Odisha dakloos gelaat en groot oorstromings veroorsaak, wat ten minste 43 lewens geëis het. Nie een van Jehovah se Getuies in hierdie gebiede het omgekom of is beseer nie. Voordat die sikloon Phailin die kus bereik het, het die takkantoor van Jehovah se Getuies in Indië ’n noodlenigingskomitee georganiseer om nagenoeg 70 Getuies uit die kusstaat Andhra Pradesh te help verwyder. Diegene wat dakloos gelaat is, word in die huise van mede-Getuies gehuisves.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Indië: Tobias Dias, tel. +91 9845476425

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000