Spring na inhoud

14 JANUARIE 2020
INDONESIË

Groot oorstromings tref Djakarta

Groot oorstromings tref Djakarta

Op 31 Desember 2019 het daar omtrent 38 sentimeter reën geval in Djakarta, Indonesië. Omtrent 100 van ons broers se huise is oorstroom, en in party huise was die water min of meer 1,5 meter hoog.

Hoewel nie een van ons broers seergekry of gesterf het in die oorstromings nie, moes baie van die verkondigers hulle huise tydelik verlaat. Ander is gedwing om ’n veilige plek in hulle huis te kry en daar te bly. Party van die geboue wat gebruik word om vergaderinge te hou, is baie min beskadig. Plaaslike ouermanne het reëlings getref om ons broers en susters te help, en hulle het noodsaaklikhede voorsien soos kos en water. Kringopsieners het ook dié besoek wat deur die ramp geraak is om hulle deur middel van die Bybel te vertroos. Twee Noodlenigingskomitees is gevorm en hulle kyk waar daar nog hulp nodig is.

Die oorstromings het nie gekeer dat ons broers aangaan met hulle geestelike roetine nie, al moes van die gesinne deur oorstroomde gebiede reis om die Lewe en Bediening-vergadering by te woon. Broer Daniel Purnomo, ’n lid van die Takkomitee in Indonesië, het gesê: “Hoewel dit die ergste vloed in die laaste paar jaar in Djakarta was, is ons broers nie ontmoedig nie, maar dit het hulle eerder gemotiveer om mekaar te help en om Christelike liefde vir mekaar te wys.”

Ons sien uit na ’n tyd wanneer daar geen natuurrampe sal plaasvind nie. – Markus 4:39.