3 FEBRUARIE 2021
INDONESIË
Hewige oorstromings in Indonesië
Plek
Suid-Kalimantan, Noord-Sulawesi en Noord-Molukke
Ramp
In Januarie 2021 het hewige oorstromings en grondstortings baie skade veroorsaak. As gevolg hiervan moes baie mense hulle huise verlaat
Hoe ons broers en susters geraak is
Omtrent 90 verkondigers moes hulle huise tydelik verlaat
Skade aan eiendom
3 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Gemeentelike ouermanne het die verkondigers vinnig gehelp om die gebied te verlaat. Die ouermanne het ook seker gemaak dat die verkondigers tydelike blyplek, kos en ander benodigdhede het
Die plaaslike gemeentelike verkondigers help om die beskadigde huise skoon en reg te maak
Kringopsieners voorsien geestelike ondersteuning en vertroosting aan die verkondigers wat geraak is
Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen
Ons is dankbaar teenoor Jehovah wat vir ons ons liefdevolle broers en susters gegee het om ons te help in “moeilike tye”. – Spreuke 17:17.