Spring na inhoud

Daniel Hutabarat en Wilhinson Sihotang voor die Koninkryksaal in Batam, Riau-eilande

26 FEBRUARIE 2020
INDONESIË

Provinsiale Raad vir Onderwys respekteer geloofsoortuigings van twee Getuie-tieners

Provinsiale Raad vir Onderwys respekteer geloofsoortuigings van twee Getuie-tieners

Op 22 Januarie 2020 het die Raad vir Onderwys in Indonesië beveel dat twee tieners wat Jehovah se Getuies is, Daniel Hutabarat en Wilhinson Sihotang, dadelik weer toegelaat moet word om terug te gaan skool toe. Die twee jong broers is op 29 November 2019 geskors nadat hulle geweier het om die vlag te salueer en die volkslied te sing as gevolg van hulle geloofsoortuigings. Op 23 Januarie 2020 het hulle weer teruggegaan skool toe.

Nadat die Provinsiale Raad vir Onderwys die situasie hersien het, het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat ons broers die skoolowerheid en die nasionale regering gerespekteer het. Die broers wou eenvoudig nie deelneem aan enige aktiwiteite wat teen hulle Bybelopgeleide gewete sou wees nie. Broer Yoga Sulistiono, wat die Openbare Inligtingsafdeling in Indonesië koördineer, sê: “Jehovah se Getuies in Indonesië is dankbaar vir hierdie besluit en vir die owerheid wat ons godsdiensvryheid respekteer.”

Ons is veral dankbaar teenoor Jehovah, ons Groot Onderrigter, vir hierdie besluit. – Jesaja 30:20.