Spring na inhoud

28 MAART 2019
INDONESIË

Skielike oorstromings in Indonesië

Skielike oorstromings in Indonesië

Op 16 Maart 2019 het swaar reën in die oostelike provinsie Papua, Indonesië, geval. Die reën het skielike oorstromings veroorsaak waarin meer as 100 mense dood is en baie huise vernietig is.

Die takkantoor in Indonesië het laat weet dat baie van ons broers wat in die dorp Sentani, in die provinsie Papua, woon, swaarkry as gevolg van hierdie ramp. Ongelukkig het een van ons broers gesterf toe sy huis deur die oorstromings weggespoel is. Drie huise van Getuie-families is erg beskadig. Meer as 40 verkondigers moes hulle huise verlaat, en die meeste bly nou by plaaslike Getuies. ’n Noodlenigingskomitee is gevorm om die noodlenigingswerk te organiseer. Takverteenwoordigers en die kringopsiener in die gebied het die mense besoek wat geraak is om hulle te vertroos en aan te moedig. Hulle kyk ook hoeveel en watter soort hulp die broers nodig het.

Ons bid vir al die broers wat deur hierdie ramp geraak is. Ons sien uit na die dag in die nabye toekoms wanneer Jehovah ‘die dood vir ewig sal verswelg’ en ‘die trane van alle gesigte sal afvee’. – Jesaja 25:8.