Spring na inhoud

12 DESEMBER 2016
INDONESIË

Dodelike aardbewing in Indonesië

Dodelike aardbewing in Indonesië

Vroeg op Woensdagoggend 7 Desember het ’n aardbewing van 6.5 die noordelike kus van Soematra, ’n eiland van Indonesië, getref. Meer as 100 mense is dood en honderde is beseer.

Volgens die takkantoor van Jehovah se Getuies in Djakarta is daar met alle mede-aanbidders in aanraking gekom. Hulle het bevestig dat nie een van die Getuies beseer is of gesterf het in die aardbewing nie. Daar is ook nie skade aangerig aan enige van die Getuies se huise of plekke van aanbidding nie.

Plaaslike Getuies wend ’n spesiale poging aan om hulp en vertroosting te bied aan hulle bure wat deur die ramp getref is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Indonesië: Tom Van Leemputten, +62-813-4527-1974

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000