23 OKTOBER 2023
ISRAEL
Gewapende konflik hou aan in Israel en die Gasastrook
Vanaf 7 Oktober 2023 is daar intense geweld en hewige gevegte in Israel en die Gasastrook. Honderdduisende mense moes hulle huise verlaat. Volgens verslae word daar geskat dat 4 200 mense alreeds gesterf het.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie
93 verkondigers moes hulle huise verlaat
3 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en die plaaslike ouermanne gee geestelike en praktiese hulp aan dié wat deur die konflik geraak word
’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die noodlenigingspogings te organiseer
Ons broers wat in die gebiede bly wat geraak word, doen hulle bes om aan te hou om Jehovah te dien deur bymekaar te kom deur middel van videoverbinding. Een kringopsiener sê: “Al is dit moeilik om nie te weet wat môre sal gebeur nie, is dit aanmoedigend om die sterk geloof en onselfsugtige liefde te sien wat ons broers en susters vir mekaar het.”
Ons sien uit na die vervulling van die Bybel se belofte dat daar binnekort “regoor die aarde ’n einde aan oorloë” sal wees. – Psalm 46:9.