Spring na inhoud

10 MEI 2022
ISRAEL

Volledige Nuwe Wêreld-vertaling in moderne Hebreeus vrygestel

Volledige Nuwe Wêreld-vertaling in moderne Hebreeus vrygestel

Al die Hebreeuse gemeentes in die gebied van die takkantoor in Israel is onlangs in kennis gestel dat die volledige Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in moderne Hebreeus vrygestel sal word. Dit sal vanaf 2 Mei 2022 in digitale formaat afgelaai kan word. Gedrukte kopieë sal in September 2022 beskikbaar wees.

Hierdie uitgawe kombineer die vertaling van die Hebreeuse Geskrifte wat in 2020 vrygestel is met die hersiene vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte. Dit is die eerste keer dat die volledige Nuwe Wêreld-vertaling in moderne Hebreeus in een boek beskikbaar is. Die vertaling van die Hebreeuse Geskrifte in moderne Hebreeus help lesers om die betekenis van die eertydse geïnspireerde teks te verstaan, wat nou vir die meeste lesers moeilik is om te verstaan.

’n Lid van die vertaalspan het gesê: “Vertalings van die Bybel in moderne Hebreeus, veral van die Hebreeuse Geskrifte, is nie so maklik vir ons lesers om in die hande te kry nie. Daarom is ons opgewonde om die volledige Nuwe Wêreld-vertaling te hê. Dit het baie mooi kenmerke, veral die vele kruisverwysings, wat ons sal help om die Bybel beter te verstaan.”

’n Ander lid van die vertaalspan het gesê: “Ons sê vir Jehovah dankie vir hierdie geskenk. Dit sal dit vir Jehovah se Getuies en al die ander mense wat Hebreeus praat, makliker maak om ’n sterk verhouding met ons hemelse Vader te ontwikkel.” – Jakobus 4:8.