Spring na inhoud

ISRAEL

Oorsig van Israel

Oorsig van Israel

Jehovah se Getuies is al sedert 1920 in die gebied van hedendaagse Israel en geniet oor die algemeen godsdiensvryheid. In 1963 en in 2000 het die regering regsentiteite geregistreer wat deur Jehovah se Getuies vir hulle godsdiensbedrywighede gebruik word. Die Getuies het in 2000 en in 2014 aansoek gedoen vir amptelike erkenning as ’n godsdiensgemeenskap, maar die aansoek is nog nie toegestaan nie.

Volgens die wet in Israel het alle godsdiensgroepe die reg om hulle godsdiensoortuigings in die openbaar uit te leef. Maar ultra-ortodokse Joodse godsdiensgroepe staan die godsdiensbedrywighede van Jehovah se Getuies teë, wat lei tot verskeie skendings—insluitende teistering en geweld teen die Getuies weens godsdiensvooroordeel.

Hierdie ultra-ortodokse groepe het soms daarin geslaag om party staatsamptenare sover te kry om die Getuies hulle regte te ontsê, insluitende die reg om te vergader. Wanneer munisipaliteite die Getuies se geleenthede by gehuurde openbare fasiliteite gekanselleer het, het die Getuies hulle tot die howe gewend vir verligting. Die distrikshof in Haifa (in 2007) en die Hooggeregshof (in 2015) het erken dat munisipaliteite om godsdiensredes teen die Getuies gediskrimineer het. Die howe het die Getuies se reg bevestig om vreedsaam te vergader sonder teistering. Maar diskriminasie teen Jehovah se Getuies bly ’n voortdurende bekommernis.