31 MEI 2019
ISRAEL
Duisende toeriste stroom na Tel Aviv – Spesiale openbare getuieniswerk in Israel
Vanaf 10 tot 19 Mei het Jehovah se Getuies in Israel spesiale openbare getuieniswerk in Tel Aviv gereël. Hulle het dit gedoen omdat daar baie toeriste vir verskeie kulturele geleenthede na die stad gekom het. Byvoorbeeld, vanaf 14 tot 18 Mei is die Eurovision Song Contest, ’n musiekkompetisie, in Tel Aviv gehou. Dit het duisende toeriste getrek.
Broer Gennadi Korobov, wat gehelp het om die openbare getuieniswerk te reël, sê: “Toe ons uitvind dat daar duisende besoekers vir die musiekkompetisie na Tel Aviv sou kom, het ons dit as ’n wonderlike geleentheid gesien om meer openbare getuieniswerk te doen. Ons was opgewonde om altesaam 168 verkondigers van 22 gemeentes regoor Israel as vrywilligers te hê.”
Die broers het gereël dat lektuurtrollies elke dag by agt plekke vanaf 9:00 tot 21:00 sou wees. Omdat daar soveel toeriste van regoor die wêreld sou wees, het die trollies lektuur in tien tale gehad: Arabies, Chinees, Duits, Engels, Frans, Hebreeus, Italiaans, Japannees, Russies en Spaans.
Ons weet dat daar goeie resultate sal wees as gevolg van hierdie spesiale poging in Israel. Dit gee verdere bewys dat Jehovah se volk hom “te alle tye loof”. – Psalm 34:1, 2.