23 OKTOBER 2019
ITALIË
Nuwe takfasiliteite word in Italië gebou
Die takkantoor in Italië trek van Rome na die stede Bologna en Imola. Bologna is omtrent 370 kilometer noord van Rome, en Imola is omtrent 48 kilometer van Bologna. Daar is alreeds begin met herstelwerk aan ’n gebou met nege verdiepings in Bologna. Dit sal die kantore vir die takkantoor wees. Vanaf 2018 werk meer as 60 Bethelvrywilligers in vertaling en ondersteuningsdienste in ’n gebou in Imola wat so pas opgeknap is.
Om blyplek vir die Betheliete te voorsien wat na Bologna gaan trek, word ’n sewe verdieping woonstelgebou met drie vlakke ondergrondse parkering op die oomblik gebou. Dit is omtrent een en ’n half kilometer van die kantoorgebou af. Uiteindelik sal daar nog blyplek in dieselfde gebied wees.
In 1948 het Jehovah se Getuies hulle eerste eiendom vir die takkantoor in Rome gekoop en daarheen getrek van ’n vorige fasiliteit in Milaan. Vanaf daardie tyd was daar baie groei in Italië. In die middel-1940’s was daar minder as 200 verkondigers in die land. Vandag is daar meer as 250 000 verkondigers, die meeste van al die gebiede onder die takkantore in Europa. Toe die aantal verkondigers in die gebied onder die takkantoor vermeerder het, het die aantal Bethelvrywilligers en takeiendomme ook meer geword. In 2006 het die takkantoor in Italië uit 99 verskillende geboue bestaan. Wanneer die takkantoor na Bologna trek, sal daar minder Betheliete wees en net 5 geboue.
Ons bid dat Jehovah sal aanhou om hierdie projek te seën en dat hierdie nuwe fasiliteite die werk in Italië sal ondersteun, ’n veld wat “wit is vir die oes”. – Johannes 4:35.