Spring na inhoud

Veldbrande op die eiland Sisilië, Italië. Kleiner foto: Groot haelstene wat in die noorde van Italië geval het

4 AUGUSTUS 2023
ITALIË

Uiterste weerstoestande in die noorde van Italië en die eiland Sisilië

Uiterste weerstoestande in die noorde van Italië en die eiland Sisilië

Tussen 22 en 26 Julie 2023 het twee verskillende rampe Italië getref. Groot storms in die noorde van Italië het sterk winde van meer as 120 kilometer per uur veroorsaak sowel as haelstene van omtrent 19 sentimeter in deursnee wat groot skade aangerig het. Terselfdertyd het meer as 330 veldbrande groot dele van die eiland Sisilië vernietig. Rekordtemperature van 47 grade Celsius in die gebied het veroorsaak dat die veldbrande vinniger versprei het. As gevolg hiervan is baie geboue vernietig, en honderde mense is sonder elektrisiteit gelaat. Duisende mense moes hulle huise verlaat. Vyf mense het gesterf.

Hoe ons broers en susters geraak is

Haelstene en wind in die noorde van Italië

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 2 broers is beseer

  • 36 huise is erg beskadig

  • 242 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 Koninkryksaal is erg beskadig

  • 12 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Veldbrande op die eiland Sisilië

  • Ongelukkig het ’n getroude paartjie gesterf toe hulle huis afgebrand het

  • 48 broers en susters moes hulle huise verlaat

  • Geen Koninkryksale of teokratiese fasiliteite is beskadig nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne voorsien geestelike en praktiese hulp aan dié wat deur die veldbrande in Sisilië en die haelstorms in die noorde van Italië geraak is

  • 1 Noodlenigingskomitee was aangestel om die noodlenigingspogings in Sisilië te organiseer

Ons is hartseer oor die dood van ons broer en suster in Sisilië, en ons bid vir almal wat deur hierdie rampe geraak is. Ons sien uit na die dag wanneer Jehovah binnekort alle swaarkry sal wegneem. – Openbaring 21:4.