24 MEI 2023
ITALIË
Verwoestende oorstromings in Noord-Italië
Swaar reën het oorstromings veroorsaak in die streek van Emilia-Romagna in die noorde van Italië. Vanaf 15 Mei 2023 het daar omtrent 50 sentimeter reën in minder as twee dae in die streek geval. Meer as 40 munisipaliteite is geaffekteer. Ten minste 14 mense is oorlede. Duisende mense moes hulle huise verlaat.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie
342 verkondigers en hulle familielede moes hulle huise verlaat
167 huise is oorstroom. 72 van daardie huise is erg beskadig
1 Koninkryksaal is erg beskadig
3 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan diegene wat deur die ramp geaffekteer is
’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die noodlenigingspogings te organiseer
Ons sien uit na die tyd wanneer niemand meer in vrees sal lewe vir natuurrampe nie, want “die tent van God [sal] by die mensdom [wees]”. – Openbaring 21:3, 4.