Spring na inhoud

24 AUGUSTUS 2017
ITALIË

Aardbewing tref Italiaanse eiland

Aardbewing tref Italiaanse eiland

Op 22 Augustus het ’n aardbewing van 4,0 die eiland van Ischia naby die kus van Napels, Italië, getref. Dit het baie geboue heeltemal verwoes en omtrent 2 600 mense moes hulle huise verlaat. Meer as 40 mense is beseer en 2 mense is dood.

Nie een van die 633 Getuies van Jehovah wat op die eiland bly, is dood of ernstig beseer nie, maar die huise van 9 Getuie-families is beskadig. Plaaslike Getuies help hulle mede-gelowiges wat deur die ramp geraak word en vertroos hulle geestelik.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Italië: Christian Di Blasio, +39-06-872941