Spring na inhoud

1 NOVEMBER 2016
ITALIË

Aardbewings tref Sentraal-Italië

Aardbewings tref Sentraal-Italië

Op die oggend van 30 Oktober 2016 het ’n aardbewing van 6,6 Sentraal-Italië getref. Dit is die sterkste aardbewing in Italië sedert 1980. Hoewel ten minste 20 persone beseer is, is daar geen sterftes gerapporteer nie.

Die aardbewing, met sy middelpunt naby die dorp Norcia, het plaasgevind nadat die gebied net ’n paar dae vroeër, op 26 Oktober 2016, deur twee aardbewings getref is. Daar was eers ’n aardbewing van 5,5 en twee ure later was daar nog een van 6,1.

Hierdie aardbewings het getref nie ver van waar ’n aardbewing op 24 Augustus die dood van 300 mense veroorsaak het nie.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Italië berig dat geen Getuies gesterf het of ernstig beseer is nie, maar ten minste twee gesinne se huise is vernietig in die aardbewings van 26 Oktober en die huise van baie ander Getuies is beskadig. Plaaslike ouer manne is in kontak met Getuies in die rampgebied om te bepaal wat hulle nodig het en hoe groot die skade is, veral omdat sommige nog nie herstel het ná die aardbewing in Augustus nie. Soos ander slagoffers, is baie Getuies nie seker of hulle huise veilig is nie en slaap hulle eerder in karre, karavane of in Koninkryksale, die plekke van aanbidding wat deur Getuies gebruik word.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vanaf hulle hoofkwartier, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is. Daar is meer as 251 000 Getuies in Italië.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Italië: Christian Di Blasio, 39-06-872941

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000