Spring na inhoud

6 DESEMBER 2013
ITALIË

Die sikloon Cleopatra veroorsaak oorstromings op Sardinië, Italië

Die sikloon Cleopatra veroorsaak oorstromings op Sardinië, Italië

Die sikloon Cleopatra, ’n hewige storm wat die Mediterreense eiland Sardinië op 18 November 2013 geteister het, het ten minste 16 lewens geëis en honderde dakloos gelaat. Swaar reën het oorstromings veroorsaak wat brûe laat ineenstort het en motors weggespoel het. Die Italiaanse takkantoor van Jehovah se Getuies het berig dat ’n 83-jarige Getuievrou een van die slagoffers was. Daarbenewens het 4 Getuiegesinne hulle besittings verloor toe die oorstromings hulle huise erg beskadig het, en nog 11 gesinne moes uit hulle huise vlug. In samewerking met die plaaslike owerheid het 120 Getuies na die oorstroomde gebied gereis om voedsel soontoe te neem en mede-Getuies en bure met die opruimingswerk te help.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Italië: Stefano Papazian, tel. +39 06 87294260

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000