Spring na inhoud

23 JANUARIE 2017
ITALIË

Dodelike sneeustorting in Sentraal-Italië

Dodelike sneeustorting in Sentraal-Italië

Op Woensdag 18 Januarie 2017 was daar ’n verskriklike sneeustorting in die Abruzzo-streek van Italië, dieselfde omgewing wat verlede Augustus deur ’n groot aardbewing verwoes is. ’n Hotel by ’n vakansieoord, met ongeveer 30 mense daarin, is deur die sneeustorting begrawe. Die ramp het plaasgevind nadat vier aardbewings, wat elkeen meer as 5,0 op die Richterskaal geregistreer het, die gebied op dieselfde dag getref het. Die buitengewone swaar sneeuval wat die gebied die vorige week gehad het, maak reddingspogings baie moeilik. ’n Hele paar dorpe is heeltemal afgesny en sonder elektrisiteit.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Italië het berig dat geen Getuies dood is of ernstig seergekry het nie. Hulle probeer hulle bes om Getuie families in die omgewing wat deur die aardbewings en die swaar sneeu geraak word, te bereik. Getuie ouer manne in die omgewing help families deur hulle van kos, water, brandhout en ander noodsaaklikhede te voorsien. Die takkantoor hou aan om die situasie te monitor en voorsien bykomende hulp waar dit nodig is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Italië: Christian Di Blasio, +39-06-872941

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000