Spring na inhoud

Oorstromings in die stad Hitoyoshi

23 JULIE 2020
JAPAN

Baie swaar reën en oorstromings veroorsaak verwoesting in die suide van Japan

Baie swaar reën en oorstromings veroorsaak verwoesting in die suide van Japan

Aan die begin van Julie 2020 het dit baie meer as gewoonlik gereën in Japan. Hierdie swaar reën het oorstromings en grondstortings in Kioesjoe veroorsaak. Die ramp het veral ons broers en susters geraak in die stede Minamata en Hitoyoshi in die Kumamoto-prefektuur en die stad Omuta in die Foekoeoka-prefektuur. Nie een van Jehovah se Getuies het gesterf nie, maar een broer en een suster is ligtelik beseer. Die oorstromings het ook 48 van ons broers se huise en twee Koninkryksale beskadig. Nog twee Koninkryksale was deur grondstortings beskadig.

Die Kioesjoe/Okinawa-Noodlenigingskomitee, wat deur die takkantoor in Japan aangestel is om om te sien na die COVID-19-noodlenigingspogings, organiseer nou noodsaaklike noodlenigingswerk wat te doen het met die oorstromings. Verteenwoordigers van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie en die kringopsieners in die streek help met die dringende noodlenigingswerk.

Ons bid dat Jehovah, “die God wat volharding en vertroosting gee”, sal aanhou om ons broers en susters wat deur die ramp geraak is, te ondersteun. – Romeine 15:5.