4 JANUARIE 2024
JAPAN
Groot aardbewing skud Noto-skiereiland in Japan
Op 1 Januarie 2024 het ’n aardbewing van 7,6 die Noto-skiereiland, Ishikawa-prefektuur, in die sentrale deel van Japan getref. Die aardbewing en die naskokke wat daarop gevolg het, het groot skade aan huise en paaie in die omgewing veroorsaak. Meer as 33 000 mense moes die gebied verlaat. Omtrent 400 mense is beseer, en 78 het gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters het gesterf nie
1 broer is ligtelik beseer
Meer as 150 broers en susters moes hulle huise verlaat
2 huise is vernietig
7 huise is erg beskadig
Meer as 100 huise is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is erg beskadig
8 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
’n Noodlenigingskomitee is aangestel om oor die noodlenigingswerk toesig te hou
Verteenwoordigers van die takkantoor in Japan is na die gebied gestuur wat geraak is, om ons broers en susters aan te moedig. Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee ook die nodige vertroosting en aanmoediging uit die Bybel aan diegene wat deur die ramp geraak is
Ons is oortuig dat Jehovah ’n “veilige skuilplek” vir ons broers en susters in Japan is en hulle die nodige vertroosting en krag gee in hierdie moeilike tyd. – Psalm 18:2.