Spring na inhoud

17 SEPTEMBER 2019
JAPAN

Tifoon Faxai tref Japan

Tifoon Faxai tref Japan

Op 9 September 2019 het die sterk tifoon Faxai die kus naby Tokyo, Japan, getref. Die tifoon het winde van tot 180 kilometer per uur veroorsaak en 580 000 huise was sonder elektrisiteit. Ten minste drie mense is dood.

Die takkantoor in Japan het laat weet dat geen verkondigers dood is nie, maar dat sewe van ons broers en susters seergekry het. Op hierdie stadium lyk dit asof 895 huise van ons broers, 28 Koninkryksale en een Byeenkomssaal in Chiba beskadig is.

Die takkantoor probeer nog uitvind watter skade tifoon Faxai vir ons broers veroorsaak het. Ons bid dat Jehovah, “die God wat volharding en vertroosting gee”, sal aanhou om ons broers en susters te ondersteun wat deur die ramp geraak is. – Romeine 15:5.