Spring na inhoud

23 OKTOBER 2019
JAPAN

Tifoon Hagibis tref Japan

Tifoon Hagibis tref Japan

Op 12 en 13 Oktober 2019 het tifoon Hagibis Japan getref. Ten minste 77 mense is dood in die storm en daar was groot oorstromings. Tienduisende huise was sonder elektrisiteit of lopende water. Daar word nog steeds na mense gesoek wat vermis is. Die tifoon is die sterkste storm wat Japan sedert 1958 getref het. Op party plekke het die storm meer as 889 millimeter reën laat val.

Al ons broers is gekontak en nie een van hulle het tydens die storm gesterf nie. Maar tien van hulle is beseer. Daar is ook meer as 1 200 huise van ons broers wat beskadig is. Altesaam is daar 23 Koninkryksale wat beskadig is. Drie van hierdie Koninkryksale kan op die oomblik as gevolg van oorstromings en kragonderbrekings nie gebruik word nie. Die Byeenkomssaal in Tochigi is ook beskadig.

Noodlenigingskomitees (DRCs) is in die gebiede van Fukushima en Nagano gevorm. Meer noodlenigingskomitees sal dalk gevorm word sodra die takkantoor uitvind hoeveel skade die tifoon op ander plekke veroorsaak het. Kos en water word aan die broers wat deur die storm geraak is, voorsien. Die kringopsieners in hierdie gebiede is gevra om die broers en susters deur middel van die Bybel te vertroos en aan te moedig.

Ons is oortuig daarvan dat Jehovah sal aanhou om ’n skuilplek vir ons broers en susters te wees terwyl hulle deur hierdie moeilike tyd gaan. – Psalm 142:5.