Spring na inhoud

Groot golwe breek naby ’n pad in die suidweste van Japan

10 OKTOBER 2019
JAPAN

Tifoon Tapah tref suide van Japan

Tifoon Tapah tref suide van Japan

Vanaf 21 tot 23 September 2019 het tifoon Tapah sterk winde en reën in die suide van Japan veroorsaak. As gevolg hiervan is vlugte gekanselleer en kon treine nie gebruik word nie. Meer as 30 000 huise was sonder elektrisiteit. In Okinawa en Kioesjoe is meer as 50 mense beseer.

Die takkantoor in Japan het laat weet dat vyf verkondigers beseer is, en een suster is in die hospitaal opgeneem. Meer as 50 huise van ons broers is beskadig. ’n Noodlenigingskomitee en verantwoordelike broers help die verkondigers wat deur die tifoon geraak is en gee hulle kos, blyplek en vertroosting uit die Bybel. Die takkantoor in Japan sal aanhou om ’n oog oor die situasie te hou en uit te vind watter skade hierdie tifoon veroorsaak het. Dan sal hulle die nodige ondersteuning gee.

Ons bid dat ons broers in Japan sal aanhou om op Jehovah te vertrou om hulle te vertroos in hierdie moeilike tyd. – Psalm 94:19.