Spring na inhoud

’n Herstelde Koninkryksaal in Hiroshima.

7 NOVEMBER 2018
JAPAN

Getuies help slagoffers van oorstromings in Japan

Getuies help slagoffers van oorstromings in Japan

Meer as 47 000 van ons broers en susters woon in Wes-Japan waar oorstromings in Julie 2018 baie skade veroorsaak het. Kort ná die ramp het sowat 4 900 vrywillige noodlenigingswerkers dadelik begin om beskadigde huise van Getuies en Koninkryksale skoon en reg te maak.

Vrywilligers verwyder rommel uit die Koninkryksaal wat in die hooffoto is.

Onder leiding van drie noodlenigingskomitees het ons broers en susters nege Koninkryksale wat deur die vloedwaters beskadig is, skoongemaak en herstel. Hulle is besig om nog ’n Koninkryksaal reg te maak. Nog ’n verdere 184 huise van Getuies is ook gedeeltelik of heeltemal herstel, en 11 huise sal later in die jaar reggemaak word.

Foto’s wat voor en ná die ramp geneem is van die Koninkryksaal in Ehime.

Die Abe-gesin van Ehime nadat die broers hulle huis reggemaak het ná die oorstromings.

Taro and Keiko Abe, wat drie kinders het, is een van die gesinne in Ehime wat gehelp is. Net drie dae nadat die gesin se huis oorstroom is, het broers van die plaaslike kring gekom en hulle huis begin regmaak. Hulle het ook die beskadigde vloere vervang. Plaaslike Getuies het nuwe beddens en lessenaars vir die kinders gegee.

Op 20 September 2018 het ’n lid van die Bestuursliggaam Geoffrey Jackson, wat in Japan was vir ’n toewysing, die geleentheid gebruik om ’n aanmoedigende toespraak by ’n spesiale vergadering in ’n Koninkryksaal in Okajama te lewer. Altesaam 36 691 broers en susters het na broer Jackson geluister terwyl hy verduidelik het hoe Jehovah altyd vir Sy mense omgee en hulle vertroos in moeilike tye. Daar was ook broers en susters by die vergadering wat deur tifone en aardbewings geraak is gedurende dieselfde tydperk in Japan. Broer Jackson het tyd geneem om vertroostend te praat met die slagoffers van die ramp.

Ons is saam met ons broers en susters in Japan dankbaar om deel van Jehovah se organisasie te wees, wat liefde in aksie betoon en ons hemelse Vader se liefde navolg. — 2 Korintiërs 1:3, 4.

Broer Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam, ontmoet ’n suster in Okajama wat in Julie 2018 deur die verwoestende oorstromings geraak is.