Spring na inhoud

26 NOVEMBER 2014
JAPAN

Getuies verleen hulp aan slagoffers van modderstortings in Hirosjima

Getuies verleen hulp aan slagoffers van modderstortings in Hirosjima

EBINA, Japan—Swaar reën in Hirosjima het katastrofiese grondstortings veroorsaak, wat op die oggend van 20 Augustus 2014 sowat 74 mense se lewens geëis het en meer as 1 600 dakloos gelaat het. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Japan berig dat geen Getuies gesterf het of beseer is nie, hoewel agt huise van die Getuies beskadig is.

Binnekant van ’n beskadigde huis in Hirosjima.

Ongeveer 218 millimeter reën het in net drie uur geval; dit het aansienlike skade veroorsaak en die regering beweeg om nasionale noodlenigingspogings in werking te stel. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Japan het gou ’n noodlenigingskomitee saamgestel en Getuievrywilligers georganiseer om met die opruimingswerk te help. Die opruimingspanne het ’n menseketting gevorm om modder en sand vanuit huise te verwyder. Die vrywilligers het ook hierdie huise ontsmet nadat dit opgeruim is en enige bruikbare huisraad verwyder en gestoor is.

Getuies verwyder modder en slyk uit ’n woongebou.

Die nasionale koerant Jomoeri Sjimboen het vertel van die pogings van een van Jehovah se Getuies wat die ramp oorleef het. Dit het berig dat Kajoko Nakamizo, wat in die Jagi-deel van die Asaminami-wyk woon, uit haar huis gevlug het en toe “aan elke deur geklop het om seker te maak dat die inwoners veilig is”. Kajoko kon gevolglik help om ’n buurman te red en kon ander help om die rampgebied te verlaat.

Itjiki Matsoenaga, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Japan, sê: “Ons simpatiseer met diegene wat deur die modderstortings geraak is. Ondanks die moeilike situasie behou ons ’n positiewe gesindheid terwyl ons ons bes doen om praktiese hulp en vertroosting aan ons naaste te voorsien.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Japan: Itjiki Matsoenaga, tel. +81 46 233 0005

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000