Spring na inhoud

28 SEPTEMBER 2018
JAPAN

Aardbewing tref Hokkaido, Japan

Aardbewing tref Hokkaido, Japan

Op 6 September 2018 het ’n aardbewing van 6,7 Hokkaido, ’n eiland in die noorde van Japan, getref. Daar is 41 mense dood in die aardbewing, en dit het groot kragonderbrekings veroorsaak, wat openbare vervoer en kommunikasie op die eiland beperk het.

Die takkantoor in Japan het laat weet dat geen broers en susters in die aardbewing dood is nie, maar sewe Getuies is wel beseer. Altesaam 100 huise van Getuies en 4 Koninkryksale is beskadig.

Kort ná die aardbewing het verkondigers, onder leiding van die takkantoor, ons broers in die rampgebiede van kos, water en ander noodsaaklikhede voorsien. ’n Noodlenigingskomitee is gevorm om die langtermyn-noodlenigingswerk te organiseer.

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters wat deur hierdie aardbewing geraak is, innerlike vrede te gee. — Filippense 4:6, 7.