Spring na inhoud

20 JULIE 2017
JAPAN

Swaar reën veroorsaak oorstromings in Kioesjoe, Japan

Swaar reën veroorsaak oorstromings in Kioesjoe, Japan

Kort nadat tifoon Nanmadol die suide van Japan getref het, het Kioesjoe, Japan se derde grootste eiland, op Woensdag 5 Julie 2017 die hoogste reënval ooit gehad. Dit het oorstromings en modderstortings veroorsaak, en beamptes moes meer as 430 000 mense uit die gebied ontruim. Binne net 12 uur het daar meer as 50 sentimeter reën geval. Volgens onlangse berigte is 34 mense sover in die oorstromings dood. Die Foekoeoka-streek, in die noorde van Kioesjoe, was een van die gebiede wat die swaarste getref is.

Hoewel party Getuies van Jehovah se huise deur die oorstromings beskadig is, is nie een van hulle dood of ernstig beseer nie. Plaaslike gemeentes van Jehovah se Getuies help hulle mede-aanbidders deur in hulle behoeftes te voorsien.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Japan: Ichiki Matsunaga, +81-46-233-0005