Spring na inhoud

13 SEPTEMBER 2018
JAPAN

Tifoon Jebi tref Japan

Tifoon Jebi tref Japan

Op Dinsdag 4 September 2018 het ’n tifoon Wes-Japan getref. Daar word gesê dat dit die grootste en sterkste tifoon is wat die land in meer as 20 jaar getref het. Die owerheid het beveel dat mense die gebied moet verlaat, en soos verwag is, het die dodelike tifoon baie groot skade veroorsaak.

Die takkantoor in Japan het laat weet dat geen Getuies van Jehovah gesterf het nie. Maar ten minste 15 broers en susters is beseer, en ten minste 538 huise is beskadig. Dit lyk ook asof 44 Koninkryksale beskadig is.

Die noodlenigingskomitees in Osaka en Sakai werk saam aan die noodlenigingswerk, wat insluit dat huise herstel sal word en dat mense besoek en aangemoedig word.

Ons is dankbaar dat Jehovah bewus is van die moeilike tye waardeur ons mede-aanbidders gaan en dat hy hulle deur middel van die broederskap ondersteun. — Psalm 34:19.