10 OKTOBER 2018
JAPAN
Trami: Jongste tifoon wat Japan getref het
Tifoon Trami, ’n kategorie-1-storm, het Suid-Japan Sondagaand 30 September 2018 getref. Daar was sterk winde, en dit het swaar gereën. Terwyl die storm oor die naweek noordwaarts beweeg het, het dit bedaar en Tokio uiteindelik teen Maandag 1 Oktober getref. Drie mense is dood en sowat 200 is beseer. Meer as 1,3 miljoen huise het kragonderbrekings gehad.
Volgens die plaaslike kringopsieners is die eiland Okinawa, in Suid-Japan, die ergste getref. Volgens verslae uit die drie kringe in Okinawa en die gebiede daar naby, het nie een van ons broers gesterf nie, maar nege is wel beseer. Die tifoon het omtrent 120 huise van ons broers en 5 Koninkryksale op die eiland Okinawa beskadig. Nog 41 Koninkryksale is ook beskadig toe die storm deur ander dele van Japan beweeg het.
Die plaaslike kringopsieners en lede van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie is besig om vas te stel hoeveel skade daar is en reël dat ons broers en susters geestelike en materiële hulp kry.
Ons hou aan om te bid vir ons mede-aanbidders wat geraak is deur hierdie storm en ander natuurrampe wat Japan onlangs getref het. Ons weet dat ons hemelse Vader altyd ons broers sal vertroos en hulle sterk sal maak. — 2 Tessalonisense 2:17.