Spring na inhoud

12 NOVEMBER 2013
JAPAN

Die tifoon Wipha tref Japan

Die tifoon Wipha tref Japan

Op 16 Oktober 2013 het die tifoon Wipha Japan se ooskus getref. Die klein eiland Osjima, wat nagenoeg 120 kilometer suid van Tokio geleë is, is een van die plekke wat die swaarste getref is. Die tifoon het stortreën van altesaam 84 sentimeter tot gevolg gehad, wat riviere hulle walle laat oorstroom het en ontsaglike modderstortings veroorsaak het, waarin ten minste 35 mense hulle lewe verloor het. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Japan het bevestig dat nie een lid van die plaaslike gemeente in Osjima omgekom het of beseer is nie. Die dak van een Getuiegesin se huis is beskadig, en ander gemeentelede het met die herstelwerk gehelp. Die plaaslike Getuies het ook aan hulle bure hulp en geestelike vertroosting gebied.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Japan: Sjiro Hajasaki, tel +81 46 233 0005

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000