Spring na inhoud

12 JULIE 2018
JAPAN

Vloede in Wes-Japan veroorsaak groot skade

Vloede in Wes-Japan veroorsaak groot skade

In die weste van Japan is ten minste 169 mense dood en sit meer as 255 000 huishoudings nog sonder water nadat swaar reën verwoestende vloede en grondverskuiwings veroorsaak het.

Alhoewel geen van Jehovah se Getuies in hierdie ramp dood is nie, moes 200 van hulle hulle huise verlaat, en een suster is beseer. Die beseerde suster moes hospitaal toe gaan en is nou besig om te herstel. Ten minste 103 huise van ons broers is beskadig en een huis is heeltemal vernietig. Die vloedwaters het ook 11 Koninkryksale en ’n Byeenkomssaal beskadig.

Vier noodlenigingskomitees (DRC’s) is gevorm om die broers en susters wat deur die ramp geraak is, te vertroos en om hulle aanmoediging uit die Bybel te gee. Intussen gee hierdie komitees praktiese hulp deur kos, klere en skoon water te voorsien en sal nog reëlings tref om die broers te help deur hulle beskadigde huise skoon te maak, te ontsmet en reg te maak.

Ons bid vir al ons broers en susters wat deur hierdie ramp in Japan geraak is, en ons sien uit na die tyd wanneer Jesus sy krag sal gebruik om ’n einde aan alle rampe te maak. — Matteus 8:26, 27.

 

Lees meer