Spring na inhoud

5 AUGUSTUS 2019
KAMEROEN

Jehovah se Getuies stel die Christelike Griekse Geskrifte in die Bassa-taal vry in Kameroen

Jehovah se Getuies stel die Christelike Griekse Geskrifte in die Bassa-taal vry in Kameroen

Jehovah se Getuies het op 2 Augustus 2019 die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in die Bassa-taal vrygestel by die streekbyeenkoms in Douala, Kameroen. Dit het 18 maande gevat om die Griekse Geskrifte in die Bassa-taal te vertaal. Dit is die eerste keer dat Jehovah se Getuies ’n Bybel vertaal het in ’n inheemse taal van Kameroen.

Broer Peter Canning, ’n lid van die Takkomitee in Kameroen, het die Bybel op die eerste dag van die streekbyeenkoms vrygestel. Die byeenkoms was gehou in die Logbessou-Byeenkomssaal en daar was 2 015 mense.

Voordat die Griekse Geskrifte vrygestel is, moes ons broers en susters wat Bassa praat, ’n duur vertaling gebruik wat moeilik is om te verstaan. Een van die vertalers wat aan die Bassa-projek gewerk het, verduidelik: “Hierdie vertaling wat so pas vrygestel is, sal verkondigers help om die Bybel makliker te verstaan. Dit sal hulle help om hulle liefde vir Jehovah en sy organisasie te vergroot.”

Omtrent 300 000 mense praat Bassa in Kameroen. Daar is 1 909 verkondigers wat Bassa praat in die takkantoor se gebied in Kameroen.

Ons is seker dat hierdie akkurate vertaling wat maklik is om te verstaan, lesers sal help om te sien dat ‘die woord van God lewend is’. – Hebreërs 4:12.