Spring na inhoud

Die bouterrein van bo af; regs bo is die kantoorgebou en onder is die vier woongeboue.

22 MAART 2019
KAMEROEN

Jongste nuus: Bou van nuwe takkantoor in Kameroen vorder goed

Jongste nuus: Bou van nuwe takkantoor in Kameroen vorder goed

’n Jaar gelede is daar met die bou van die nuwe takfasiliteite in Kameroen begin. In die foto hierbo kan ’n mens sien hoe hulle begin bou het aan die vier woongeboue en die kantoorgebou. Die nuwe takkantoor sal woonplek hê vir 60 mense en die kantoor sal werkspasie hê vir 71 mense. Dit lyk asof die takkantoor teen die einde van Desember 2019 klaar sal wees. Die volgende fotogalery wys die jongste nuus oor die vordering wat gemaak is.

’n Prentjie van hoe die takfasiliteite gaan lyk

 

Julie 2018: Die eerste laag stene vir Woongebou 3 is gelê op die voorgrond.

Augustus 2018: ’n Muur sal om die hele eiendom gebou word.

September 2018: Die mure van die eerste verdieping van Woongebou 4 is klaar en kan in die voorgrond gesien word.

Oktober 2018: Die hoofingang van die voorportaal van die kantoorgebou.

Desember 2018: Die dak se staalkonstruksie word geïnstalleer by Woongeboue 2 en 3.