Spring na inhoud

26 JUNIE 2018
KAMEROEN

Konstruksie van nuwe takkantoor in Kameroen is aan die gang

Konstruksie van nuwe takkantoor in Kameroen is aan die gang

Omtrent 50 Betheliete dien voltyds in die stad Douala, Kameroen. Hulle sal binnekort in die nuwe takkantoor kan werk. Die takkantoor wat op die oomblik in die Bonabéri-deel van die stad is, sal geskuif word na nuwe geboue in die Logbessou-deel. Die feit dat ’n nuwe takkantoor gebou word, wys dat daar geestelike groei in Kameroen is. By die Herdenking van Christus se dood in 2017 was daar meer as 100 000 mense. Dit is meer as twee keer die aantal verkondigers in die land.

Ons broers is besig om weerlig-beskerming te installeer.

Die bouterrein is langs ’n Byeenkomssaal. Werkers het begin deur die fondasie voor te berei. Wanneer die projek klaar is, sal die ontwerp inpas by die woonstelle in die buurt. Daar sal ’n aparte kantoorgebou wees, soos in die prentjie gesien kan word. Volgens die plan sal die Bethel-gesin teen die einde van 2019 kan intrek.

Gilles Mba, ’n lid van die Bethel-gesin in Kameroen en wat in die Openbare Inligtingsafdeling werk, sê: “Dit is indrukwekkend om duisende van ons broers en susters te sien wat met die bouwerk help. Hulle vrywillige gees wys dat hulle ’n gesindheid soos die profeet Jesaja het Hierdie opwindende bedrywigheid het ons almal wat by die takkantoor werk, aangemoedig. Ons is reg en sien daarna uit om die nuwe takkantoor vir die regte doel te gebruik — om Jehovah se naam te eer.” — Jesaja 6:8.

Party van die meer as 2 800 broers en susters wat ’n spesiale vergadering bygewoon het sodat hulle kan leer hoe om die bouprojek van die takkantoor te ondersteun.