Spring na inhoud

4 NOVEMBER 2016
KAMEROEN

Dodelike treinongeluk in Kameroen

Dodelike treinongeluk in Kameroen

Op die oggend van 21 Oktober 2016 het ’n trein, wat op pad was na die hawestad Douala, Kameroen, ontspoor. Die ongeluk het naby die dorp Eseka, omtrent 120 kilometer van die hoofstad, Yaoundé, gebeur. Meer as 600 mense is in die ongeluk beseer en meer as 70 het gesterf.

Sestien van die beseerdes was Jehovah se Getuies. En een Getuie van Jehovah, ’n 65-jarige ouer man van die gemeente in Douala, is in die ongeluk dood. Ons is hartseer oor ons broer wat gesterf het en ook oor die moeilike tyd waardeur al die slagoffers en hulle families nou gaan.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Kameroen: Gilles Mba, 237-6996-30727

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000