Spring na inhoud

26 JULIE 2019
KANADA

Toronto, Kanada – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Toronto, Kanada – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 19-21 Julie 2019

  • Plek: Exhibition Place, Toronto, Ontario, Kanada

  • Programtale: Engels, Portugees, Spaans

  • Bywoningshoogtepunt: 46 183

  • Aantal gedoop: 317

  • Aantal internasionale besoekers: 5 000

  • Genooide takkantore: Brasilië, Brittanje, Filippyne, Finland, Indië, Japan, Korea, Oekraïne, Sentraal-Amerika, Verenigde State

  • Plaaslike ondervinding: Laura Purdy, die algemene bestuurder van verkope en spesiale geleenthede by Exhibition Place, het gesê: “Alles wat [Jehovah se Getuies] se byeenkomskomitee gesê het hulle vir die byeenkomsplek sou doen, het waar geword. Ons het self ’n bietjie navorsing gedoen en met ander plekke gepraat waar byeenkomste al gehou is en hulle het dieselfde ondervinding gehad as wat ons nou het. Die [Getuies] was warm en vriendelik. Ek sal enige organiseerder by ’n byeenkomsplek aanmoedig om ’n byeenkoms van Jehovah se Getuies in hulle stad te verwelkom.”

 

Broers en susters verwelkom internasionale besoekers by die lughawe in Toronto

Internasionale besoekers en plaaslike broers en susters geniet mekaar se geselskap in die velddiens

Betheliete speel musiek vir die internasionale besoekers terwyl hulle die takkantoor in Kanada besoek

Broer Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak by Vrydag se program

Een van die 317 nuwe broers en susters wat Saterdag gedoop is

Broers en susters neem notas gedurende die program

Sendelinge en ander spesiale voltydse dienaars voor in die saal terwyl die gehoor hande klap om te wys dat hulle harde werk waardeer word

Vyf susters doen ’n opvoering van ’n 1920’s radio-uitsending by die stasie CKCX wat toe in Toronto, Kanada, was. Teen 1926 het die Bybelstudente (soos Jehovah se Getuies toe genoem is) hulle eie radiostasies in vier stede in Kanada bestuur. Dit is ’n belangrike deel van Kanada se teokratiese geskiedenis

’n Plaaslike broer dirigeer ’n groep kinders wat ’n liedjie sing gedurende een van die baie spesiale programme vir die internasionale besoekers