Spring na inhoud

Broer en suster Mudaheranwa, ’n paartjie wat pionier, is op pad werk toe

6 APRIL 2020
KANADA

Vrede in ’n tyd van paniek

Vrede in ’n tyd van paniek

Broer Jean-Yves en sy vrou, Vasthie Mudaheranwa, help mense wat siek is met die koronavirus in Montreal, Kanada. Broer Mudaheranwa is ’n asemhalingsterapeut by ’n hospitaal, en suster Mudaheranwa werk as ’n verpleegster by ’n hospitaal wat mense met COVID-19 behandel. Hoewel mense gedurende hierdie tyd baie angstig is, vertrou broer en suster Mudaheranwa op Jehovah vir krag en trek hulle voordeel uit “die vreugde in hulle hart” wat Jehovah belowe het. – Jesaja 65:14.

Broer Mudaheranwa sê: “Dit is die eerste keer dat ek sien dat baie van my kollegas so bang is.” Suster Mudaheranwa sê: “Persoonlike studie help baie. Ons dink na oor die teken van die laaste dae en herinner onsself dat Jehovah met ons is en ons nie in die steek sal laat nie. Gebed help ook baie. Voordat ek werk toe gaan en my dag begin, bid ek en dan het ek vrede.”

Die Mudaheranwa’s neem deel aan ’n gemeentelike vergadering

Broer Mudaheranwa verduidelik: “Ek is van Rwanda, en ek het die volksmoord oorleef. Hier in Kanada het ons nog nooit so iets gehad nie, so partykeer vergeet ons dat ons in die laaste dae lewe. Ek moet erken dat ek nie altyd gedink het dat die dag van Jehovah naby is nie. Die pandemie het my geloof versterk dat ons in die laaste dae lewe, en dit het ook my geloof in die Bybel en die profesieë daarin versterk.”

Jehovah se knegte regoor die wêreld het dieselfde geloof as broer en suster Mudaheranwa, en hulle sal aanhou om vrede te hê gedurende hierdie krisis. – Jesaja 48:18.